Collection: Franco Stemmet

My naam is Franco Stemmet en ek is ‘n studente kunstenaar. Kuns dien vir my as ‘n wêreld waar ek myself kan uitleef en uitdruk as ‘n intelektuele wese. ‘n Wêreld sonder reëls en regulasies waarheen ek kan ontsnap.

My vroeë werk is waar ek probeer het om te realisties te verf, maar ek het vining besef dat dit glad nie ek is nie. Akriel het net nie my gevind nie. Maar deur my eksperimentasie het ek my nuwe styl ontdek waar ek akriel en ink meng met verskillende media.

Elke kunstenaar het inspirasie en invloede van ander kunstenaars en ek sal beslis sê dat ek beïnvloed word deur die Suid-Afrikaanse kunstenaars, William Kentridge en Jane Alexander. Hulle beeld dikwels soortgelyke temas uit as wat ek uitbeeld.

Ek maak dikwels gebruik van rokpatrone en koffie om my kunswerke uit te beeld. Daardeur het ek my styl ontdek en deur dit my temas wat ek dikwels uitbeeld in my werke.

My werke handel dikwels oor dinge wat ek in my gemeenskap sien… geweld, onreg, vroue en beslis armoede. In my gemeenskap sien ek dikwels die gaping tussen sosiale klasse wat ek uitbeeld in my werke.

My werke is dikwels stories wat ek vertel deur gesigte en metafore te gebruik. Ek glo gesigte en oë is n beduidende faktor tot mense se lewens. Elke mond, oog, neus en plooi vertel ‘n storie. Ek hou daarvan om items soos deure, rokpatrone en garing te gebruik. Dit praat dikwels met my… dit versterk die stories wat my kuns vertel.

 Plastiese sjirurgie is ook ‘n tema wat ek dikwels in my werke verken. Ek sien dit bitter baie in die media. Ons generasie is baie blootgestel aan “mass intake” van sosiale media. En so word ons onbewustelik gevorm met die goed en die sleg van die wêreld. My werke beeld dus die dinge wat ons in die media en rondom ons sien uit.

So lank soos wat ek leef sal daar kuns uit my vloei, want daar sal altyd iets wees wat ek ‘n emosionele reaksie op sal hê. Die lewe is soos ‘n kunswerk en ons is die kunstenaar…